Bonsmara-bul op Spitskop

Bonsmara-stoetery · Spitskop, Belfast

Geldenhuys Bonsmaras

In harmonie met die natuur

Bonsmara-genetika wat op die bergsuurveld van Spitskop bewys word. Leer die familie en die kudde ken.

Geldenhuys Familie Trust

Van Spitskop se bergsuurveld

Die Geldenhuys-familie se Bonsmara-verhaal het in 1976 begin met 'n enkele bul van Louwtjie en Frik du Toit. Sy nageslag het op die ru bergsuurveld van Spitskop bewys dat Bonsmaras hier hoort.

In 1986 is die Geldenhuys Familie Trust Bonsmara-stoet amptelik geregistreer, gebou op vroulike lyne van Ivy en Timal Bonsmaras.

Meer oor ons →
Bonsmara-kudde op die plaas

Die kudde

Bonsmaras wat op die veld bewys word

Op Spitskop se bergsuurveld vorm aanpasbaarheid en bewese prestasie die kern van ons stoetery. Ons teel slegs bewese diere.

Koeie en kalwers
Koeie en kalwers
Die kudde op die veld
Die kudde op die veld
Bonsmara-bulle
Bonsmara-bulle
Ontdek die kudde →

Uit die argief

2026 Produksieveiling

Die 17de Produksieveiling het op 28 Julie 2026 plaasgevind. Die 41 lotte en digitale katalogus bly beskikbaar vir verwysing; dit is nie huidige voorraad nie.

2026-veilingplakkaat

Kom gesels met ons

Vra die Geldenhuys-familie direk oor die stoetery en huidige beskikbaarheid.

Kontak die stoet