Geldenhuys Familie Trust

Oor ons

Geldenhuys Familie Trust

Van Spitskop se bergsuurveld

Die Geldenhuys-familie se Bonsmara-verhaal het in 1976 begin met 'n enkele bul van Louwtjie en Frik du Toit. Sy nageslag het op die ru bergsuurveld van Spitskop bewys dat Bonsmaras hier hoort.

In 1986 is die Geldenhuys Familie Trust Bonsmara-stoet amptelik geregistreer, gebou op vroulike lyne van Ivy en Timal Bonsmaras.

Die bergsuurveld van Belfast bly ons proefbaan — geen kunsmatige voer, net diere wat lewer.

Bonsmara-kudde op die plaas